Peet se Skaapstert Resep
- Marianne Jacoby
- Feb 22, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 6 mense 12 Skaapstertjies
Half bakhandjie naeltjies 5 lourier blare half koppie asyn of wit wynasyn gerasperde skil van 1 Suurlemoen 2 eetlepels bruinsuiker 20ml botter 20ml suurlemoengeur-avokado-olie sojasous witpeper en sout na smaak 5 ml gemengde kruie
Kook die skaap sterte in swart pot op die vuur in water met volgende byvoegings: naeltjies, lourierblare, asyn, suurlemoenskil, suurlemoensap, bruinsuiker en gemengde kruie. Kook vir 'n uur of tot redelik sag. Die vleis moenie van die beentjies afval nie - dit moet net sag wees. Gooi nou die water waarin die sterte gekook weg en sit die sterte terug in die pot. Braai hulle tot goudbruin in olie, botter en sojasous. Voeg sout en peper na smaak. Laat die sterte effens afkoel voor jy opskep. Dit moet met die hand geeet word en jy kan self besluit of jy jou pinkie in die lug wil hou terwyl jy die sagte vleisies met jou tande wegskeur!
Comments