Vingerbeskuitjies yskastert
- Marianne Jacoby
- Feb 22, 2016
- 1 min read

1 Pakkie Vingerbeskuitjies 250ml Sterk, Swart Afgekoelde Koffie(enige koffie is reg) 3 Eiergele 100ml Strooisuiker 50ml Brandewyn Of Rum 2x250g Gladde Maaskaas 150g Sjokolade
Pak die vingerbeskuitjies onder op die bodum van n 24x24cm bak Giet van die koffie bo-oor die beskuitjies Klits die eiergele en strooisuiker tot dit lig en dik is Voeg die brandewyn of rum by Meng nou die maaskaas by Skep die helfte van die mengsel oor die vingerbeskuitjies Pak weer n laag vingerbeskuitjies wat jy in die orige koffie gedoop het Skep die orige maaskaasmengsel oor Rasper die sjokolade oor die tert Verkoel vir tenminste 4 ure of oornag
Comments