top of page

✞ ✞ ✞ ‘N KLEIN SAADJIE ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 22, 2016
  • 3 min read

. “…die Seun van God, wat sy liefde vir my bewys het, deur sy lewe vir my af te lê” Galasiëers 2: 20 . Die beroemde 16de eeuse skilder, Domenico Feti, was besig met sy latere wêreldberoemde skildery, Ecce Homo – Dít is die Mens. Die benaming kom uit Johannes 19:5: “Toe het Jesus buitentoe gekom, nog so met die doringkroon op en die pers mantel aan. Pilatus sê toe vir hulle: ‘Dít is die mens!’” . Eendag, op pad ateljee toe, sien Feti ’n jong sigeunerin langs die pad sit en mandjies vleg. Sy was baie mooi, met lang swart hare en fonkelende oë. Toe sy sien hoe die vreemdeling haar bekyk, spring sy op, klap haar vingers bokant haar kop en dans vir hom, hopende op ’n fooitjie. “Staan net so stil,” roep hy en vinnig maak hy ’n skets van die dansende meisie. Hy sê vir haar hy wil haar as ’n Spaanse danseres skilder. Daarna het sy drie keer ’n week na sy ateljee toe gegaan om vir die skilderstuk te po¬seer. Haar naam was Papita. . Terwyl Feti haar skilder, bekyk sy nuuskierig alles in die ateljee. Haar oë val op die byna voltooide skilderstuk. .Wie is daardie man in die middel? vra sy. . “Dis Jesus,” antwoord Feti kortaf. . “Wat maak hulle met hom?” . “Hulle kruisig hom. Maar kyk hier,” sê Feti ergerlik. “ek kan nie met jou praat as ek jou skilder nie. Stil nou.” . Vir die res van die sessie het sy net gekyk, maar nie weer ’n woord gesê nie. Die volgende keer was sy reg met ’n klomp vrae. “Hoekom kruisig hulle hom. Was hy sleg?” . “Nee,” kortaf. . “Hoekom doen hulle dit dan as hy nie sleg was nie?” . “Kyk hier,” skree Feti op haar. “Ek gaan vir jou die hele storie vertel, maar dan bly jy asseblief stil dat ek met my werk kan aangaan.” . Met groot oë luister Papita na die verhaal van Jesus se kruisiging - vir haar ’n aangry-pende, nuwe verhaal. Die kunstenaar se hart word lankal nie meer deur die verhaal geraak nie. Sy was bang vir Feti en het nie weer oor Jesus se kruisiging gepraat nie, maar toe haar skildery klaar was en sy haar geld ontvang en omdraai om te loop, kyk sy ’n laaste keer lank na die toneel van Jesus, soos Hy gelyk het na die soldate Hom “gegésel, geklap en met dorings gekroon het (Joh.19:1-5) en Papita sê, met groot gevoel, omdat dit met verlange diep uit haar hart kom: “Meneer, jy het Hom seker baie lief omdat Hy dit alles vir jou gedoen het.” . Die kunstenaar het niks geantwoord nie, maar hy kon haar woorde nie vergeet nie: Hy het dit alles vir jou gedoen. Die saadjie was gesaai. Hy het kerk toe gegaan en (as Roomse Katoliek) skuldbelydenis gaan doen. Dit het hom beter laat voel. Tog kon hy nie vrede vir sy hart kry nie. Papita se vraag kom aanhoudend na hom toe terug: Jy moet hom seker baie liefhê. Hy kon nie meer rustig met die skildery van die lydende Jesus voortgaan nie. . Een aand het hy na ’n prostestantse evangelis se preek gaan luister. Demonico Feti het aandagtig geluister. Daardie nag in sy kamer het hy gevind waarna hy gesoek het – vrede met God, deur Jesus Christus se kruisdood, ook vir hóm. . Na hy die skildery voltooi het, het hy onderaan, dié woorde geskryf: “Dit het Ek vir jou gedoen. Wat doen jy vir my?” . Die geringe saadjie wat Papita gesaai het, het deur die Heilige Gees in Domenico Feti se hart ontkiem. Jesus het gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaadjie wat…die kleinste van die soorte saad (is), maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ’n boom, sodat…voëls in sy takke…nes maak” Mat.13:31,32 . Die evangeliesaadjie wat ons saai, kan ook maar klein wees. God gee deur sy Gees die groei. . (Die ontsaglike boom wat uit Papita se saadjie voortgekom het, bekyk ons in môre se stukkie)

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page