Biltonghappies
- Bakers
- Feb 23, 2016
- 1 min read

Bakers Biltong KIPS is definitief een van Suid Afrika se gunstelinge!
Bestandele
24 Bakers KIPS (biltong-geur) sagte botter Bovril 12 ronde skyfies bruinbrood, dieselfde grootte as beskuitjies mayonnaise fyngesnyde biltong 250 ml Willard’s aartappelskyfies, fyngedruk
Instruksies Smeer die Bakers KIPS mildelik met botter en Bovril. Sit ’n skyfie brood op 12 van die beskuitjies en sit die orige 12 beskuitjies bo-op die brood om ’n ‘toebroodjie’ te maak. Smeer die kante van die ‘toebroodjies’ met ’n dik laag mayonnaise en rol die kante in die biltong. Smeer ook die bokante van die ‘toebroodjies’ met mayonnaise en plaas op ’n bord. Strooi die skyfies bo-op en bedien.
Lewer 12.
NS: Al is die resep nogal ’n eienaardige konkoksie is dit uiters gewild. Veral mans en kinders is gaande hieroor!
Comentários