GEISHA AARTAPPELS
- Nataniel.
- Feb 23, 2016
- 1 min read

JY BENODIG
500g Jong aartappels met skil 1 e Vars pietersielie, gekap 1 e Dille, gekap 1,2 t Grofgemaalde swartpeper 250g Roomkaas teen kamertemperatuur Grasuie, losweg geknoop
METODE
Kook aartappels en laat afkoel. Meng pietersielie, dille en peper by roomkaas, halveer aartappels en sny dun skyfie van elkeen se bodem sodat aartappels regop staan. Smeer bokante met roomkaas. Plaas geknoopte grasui bo-op elkeen.
Variasie: Skep ’n klein bietjie kaviaar in die sirkel van elke knoop.
Comments