Geroosterde tamatie- & kaastertjies
- Trooskos - Maroela Media
- Feb 23, 2016
- 1 min read

Bestanddele
1 e (15 ml) olyfolie 250 g kersietamaties, in die helfte gesny 1 knoffelhuisie, gepers 1 x 410 g-blik tamatie-en-uiesmoor 2 t (10 ml) tamatiepasta 3 basiliekruidblare, geskeur sout en varsgemaalde swartpeper 8 velle filodeeg ¼ k (60 g) Clover Springbok botter, gesmelt ¼ k (35 g) Clover Tusser’s-kaas, gerasper ¼ k (35 g) Clover Cheddarkaas, gerasper ’n paar takkies tiemie
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n pan en braai die tamaties en knoffel 3 tot 4 minute. Voeg die tamatie-en-uiesmoor by en kook 5 minute totdat die water verdamp het. Roer die tamatiepasta en basiliekruidblare by. Geur met sout en peper en verwyder van die hitte. Laat afkoel. Sny elke filodeegvel in blokkies van 8 cm en verf elke stuk met gesmelte botter. Druk vyf blokke deeg oor mekaar in die holte van ’n muffinpan, sodat dit soos ’n k lyk. Vorm nog koppies met die res van die deeg. Skep die tamatiemengsel in die filokoppies en strooi die kase oor. Strooi tiemie oor elke tertjie en bak 15 tot 18 minute of totdat die filodeeg goudbruin is en die kaas gesmelt het.
Genoeg vir 12 mense
Comments