GEVULDE KOMKOMMERS
- Pasella
- Feb 23, 2016
- 1 min read

Sny komkommers in dik skywe en hol uit met ‘n teelepel. Gebruik ‘n spuitsak om die vulsels in te spuit.
Salmvulsel
Verwerk 70g gerookte salm en 70g maaskaas in ‘n voedselverwerker tot growwe tekstuur. Geur met sout en peper. (Vir garnering: kaviaar en dille)
Maaskaasvulsel Verwerk 40g gebraaide spek en 60g maaskaas ‘n voedselverwerker tot growwe tekstuur. Geur met sout en peper.
(Vir garnering: gebraaide spek)
Comments