Griekse slaai-happies
- Beeld.
- Feb 23, 2016
- 2 min read

Dié is ’n alles-in-een-happie Griekse slaai wat dié wat waak teen te veel stysel van oor tot oor sal laat glimlag. Dit is ’n goeie idee om die feta ’n paar dae voor die tyd voor te berei. As jy nie tyd het nie, gebruik eenvoudig “vars” feta – die happies sal steeds smullekker wees.
Vir die gemarineerde feta: . 200 g fetakaas (gedreineerde gewig) . 4 takkies vars tiemie . 1 vars groen brandrissie, fyngekap met die sade in . 5 ml gemengde peperkorrels . 2,5 ml komynsaad . 2 lourierblare die skil van 1 suurlemoen, in dun repies gesny . 250 ml olyfolie
Vir die happies: . 2 groot Engelse komkommers . 100 g Kalmata-olywe, ontpit en fyngekap . 2 ryp tamaties, skil afgetrek, pitte verwyder en fyngekap . olyfolie en balsamiese asyn . sout en swartpeper, na smaak . gemarineerde feta, na smaak . Mikro-kruie
Maak eers die gemarineerde feta: 1. Sny die feta in blokkies (indien nodig) en plaas dit in twee gesteriliseerde 250 ml flesse. 2. Verdeel die kruie en speserye tussen die twee flesse en voeg by Vul die flesse verder met olyfolie. 3. Laat vir ten minste ’n paar uur staan voor gebruik sodat die geure kan ontwikkel. Bêre in die yskas.
Maak die happies: 1. Was die komkommer deeglik en sny in dik skywe, sowat 1,5 cm. 2. Meng die tamaties en olywe en voeg ’n bietjie olyfolie by. Geur na smaak met sout en swartpeper. 3. Skep teelepels vol van die tamatie-mengsel bo-op die komkommerskywe (nie te veel dat dit afval nie). 4. Sit ’n blokkie feta bo-op die tamatie-mengsel (jy kan ook die feta grofkrummel en bo-oor sprinkel). 5. Garneer die happies met mikrokruie en drup ’n bietjie olyfolie en balsamiese asyn oor.
Comments