KOBUS WIESE SE BEESSTERTPOTJIE
- PASELLA
- Feb 22, 2016
- 1 min read

Bedien 4
BENODIG: ½ kg beesstert 1 blokkie beesaftreksel 3 k water 1 k rooiwyn* 2 uie, gekap 2 knoffelhuisies, gekap 2 wortels, gekap 2 tamaties, gekap 2 aartappels, gekap 1 x blik botterbone 1 lourierblaar
MAAK SO: Braai die beesstert in ʼn bietjie olyfolie tot bruin. Los die aftrekselblokkie in die water op en voeg saam met die rooiwyn by die beesstert. Bedek en prut 2 ure. Voeg dan die uie, knoffel, wortels, tamaties, aartappels, botterbone en lourierblaar by. Kook 2 ure tot sag. Geur met sout en peper na smaak. Bedien met rys of kapokaartappels. * Kobus se geheim: gebruik ʼn goeie rooiwyn “ een wat jy met graagte sal drink ook.
Commentaires