Komkommer met snoek-patee
- The Rainbow Team
- Feb 23, 2016
- 1 min read

Jy kan die bokmelkkaas uitlaat en bloot die patee op komkommer-skywe bedien (sowat 14 skywe) • 400 g gerookte snoek • 60 ml mayonnaise • 30 ml tamatiesous • 30 ml suurlemoensap • 250 ml room • 4 sprietuie, gekap • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak • 1 komkommer • 2 crotin-bokmelkkase, in skywe gesny • caperberries, om te garneer Verwyder die vis se vel, vlok die vleis en verwyder grate. Kap dit fyn in jou voedselverwerker. Voeg die mayonnaise, tamatiesous, suurlemoensap en room by. Meng goed. Haal dit uit die voedselverwerker en vou die sprietuie in. Geur met sout en swartpeper. Sny die komkommer in dik skywe. Plaas ’n sny bokmelkkaas bo-op elke skyf. Skep ’n teelepel van die patee bo-op elkeen en rond af met ’n caperberry.
Comments