Kruiekaaskoekies
- Rooi Rose.
- Feb 23, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 6 klein koekies of 1 grote
KORS: 100 g soutbeskuitjies, fyn gemaal 100 g geroosterde amandels 60 g (60 ml) gesmelte botter sout en gemaalde swartpeper
VULSEL: 250 ml (1 k) mascarpone Kaas 125 ml (½ k) geroomde maaskaas 2 eiers 10 g (4 t) meel 60 ml (4 e) basiliekruidpesto 125 ml (½ k) suurroom 5 ml (1 t) koekmeelblom baba-kruie-blaartjies vir garnering
Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer 8 klein losboompannetjies of een 25 cm-tertpan met botter. 1 KORS: Meng die beskuitjiekrummels, neute en botter en geur met sout en peper. Voer die die boom en die kante van die pannetjies met die mengsel uit. Bak vir 10 min. en hou eenkant. 2 VULSEL: Meng die mascarpone, maaskaas, eiers en 10 g (4 t) meel tot baie glad. 3 Skep die helfte van die vulsel versigtig in die kors en smeer 1 t pesto oor elke tertjie. Vul met die res van die vulsel. 4 Bak vir 60 min. 5 Klop die suurroom en 5 ml (1 t) meel saam. Smeer as bolaag op elke tertjie en bak vir nog 10 min. 6 Laat in die pannetjies afkoel en verkoel in die yskas vir 3 uur of oornag. 7 Haal 20 min. voor die opdienslag uit en garneer met baba-kruieblare.
Comments