top of page

Oliebolle

  • Idees Tydskrif
  • Feb 23, 2016
  • 2 min read

Elke jong meisie moet een maal ‘n pajama-partytjie hê. Sorg vir groot pret met dié oulike resep.

Maak: 18 Bereidingstyd: 45 minute, plus rys- en yskastyd Gaarmaaktyd: omtrent 40 minute

• 820 ml (455g) witbroodmeel • 70 ml (60g) suiker • 10 ml (7g) droë kitsgis • 170 ml melk teen kamertemperatuur • 4 groot eiers, liggiesgeklits • 100ml (110g) botter, saggemaak • sonneblomolie vir diepbraai

Versiersel • 960 ml (500g) versiersuiker, gesif • pienkkoskleursel • koekstrooiselsen-versierings

1 Sif die meel en 5 ml sout saam in ’n mengbak en meng die suiker en gis by. Klits die melk en eiers in ’n aparte bakkie saam met ’n vurk. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi die vloeistof daarin. Meng die droë bestanddele met ’n houtlepel van die kante af in. 2 Gooi die mengsel in ’n voedselverwerker en meng vir 10 minute teen ’n stadige spoed met die deeghaak. Dit sal nogal taai raak. Bedek met ’n klam vadoek en laat rys op ’n warm plek vir omtrent 11⁄2 uur of tot dubbel die volume. Knie die deeg af en werk dan die botter in die deeg in tot goed gemeng. Bedek en laat vir minstens vier uur of oornag in die yskas staan. 3 Haal die deeg uit die yskas en knie dit vir ’n paar minute. Rol dit tot omtrent 2,5 cm dik uit op ’n oppervlak waaroor jy liggies meel gesif het. Druk sirkels daaruit met ’n skon-koekiedrukker. Gebruik ’n kleiner koekiedrukker om ’n sirkel uit die middel van elke groter sirkel uit te druk. Herhaal met die res van die deeg. Pak die ringe op ’n gesmeerde bakplaat en los spasies tussenin vir rys. Laat rys teen kamertemperatuur vir 30 tot 45 minute of tot dubbel die volume. 4 Verhit die olie tot 180oC in ’n diepbraaier of middelslag-kastrol. Gebruik ’n olie- termometer om te kyk of die olie reg is, of gooi ’n blokkie witbrood daarin. As die brood binne 40 sekondes goudkleurig is, is die olie reg. Braai twee tot vier oliebolle op ’n slag tot goudkleurig en gaar. (Dit behoort ongeveer vyf minute te duur.) Skep die oliebolle uit en dreineer dit op kombuispapier. Herhaal met die res van die oliebolle. 5 Pak die oliebolle op draadrakkies en laat heeltemal afkoel. 6 Versiersel Maak glaseerversiersel deur bietjies-bietjies warm water op ’n slag by die versiersuiker te meng tot dit glad en drupbaar is. Kleur dit verskillende skakerings van pienk en hou van die versiersel wit. Skep dit oor die oliebolle en laat dit oor die kante loop. Strooi die koekversierings oor en laat heeltemal stol.

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page