top of page

Oliebolle met vla-vulsel

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 23, 2016
  • 2 min read

Vergeet van jou dieet. Met dié heerlike soet en ongelooflike resep gaan jy talle harte steel.

Maak: ongeveer 20 Bereidingstyd: 40 minute, plus rystyd Gaarmaaktyd: 10 minute

• 125 ml melk • 65 ml (60 g) botter • 7 g droë kitsgis • 645 ml (350 g) witbroodmeel • 2 ml sout • 55 ml (45 g) suiker • 2 groot eiers, liggies geklits • sonneblomolie vir diepbraai • glansversiersel en/of kaneelsuiker

Vla 500 ml melk 6 eiergele 115 ml (100 g) strooisuiker 5 ml vanieljegeursel 55 ml (30 g) koekmeel 20 ml (12 g) mielieblom

1 Verhit die melk en botter saam tot al die botter gesmelt het. Roer die gis by sodra die mengsel louwarm is. 2 Sif die meel, sout en suiker in ’n groot mengbak saam. Maak ’n holte in die middel en gooi die melkmengsel daarin. Voeg die geklitste eier by en roer als saam. Knie die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Voeg nog ’n bietjie meel by as dit te klewerig is. Dit moet ’n sagte deeg wees waarmee jy maklik kan werk. Knie dit vir 10 minute met die hand of in ’n elektriese menger. Bedek dit en laat dit rys tot dubbel die volume. 3 Knie die deeg weer vir vyf minute en rol dit dan in klein bolletjies. Laat die bolletjies vir ’n halfuur rys op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is. 4Verhit die olie tot matig warm (175 °C) en braai dan die oliebolle vir een minuut tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. 5 Vla Verhit die melk tot kookpunt en haal dit van die plaat af. Klits die eiergele en suiker saam. Voeg die vanielje, meel en mielieblom by. Klop die mengsel tot dit lig van kleur is. Gooi die melk by die eiermengsel en klop dit met ’n draadklitser tot glad. Sit dit terug op die plaat en kook dit tot die vla begin verdik – klits dit die heeltyd met die draadklitser. Haal van die plaat af en laat heeltemal afkoel. 6 Skep die koue vla in ’n spuitsak met ’n metaalpunt. Gebruik ’n sosatiestokkie en maak ’n gaatjie in die punt van elke oliebol. Spuit die vla in die gaatjie. 7 Maak ’n glansversiersel wat jy oor die oliebolle kan drup, of sprinkel kaneelsuiker oor.

Variasies Geur die vla met sjokolade of koffie – voeg 10 ml kitskoffiepoeier by die melk, óf 100 g donkersjokolade.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page