Sneeuballetjies
- Bakers
- Feb 23, 2016
- 1 min read

Bestandele
2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies 45 ml drinksjokoladepoeier 120 g botter 1 x 397g blikkie kondensmelk 175 g mini malvalekkers 100 g droë klapper
Lewer ongeveer 25 – 30.
Instruksies
Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies saam met die drinksjokoladepoeier in ’n voedselverwerker.
Smelt die botter saam met die kondensmelk en meng dit deeglik met die beskuitjiemengsel.
Maak jou hande effens nat en sit ’n eetlepel van die mengsel in die palm van jou hand en druk dit plat.
Sit ’n malvalekker in die middel en vorm ’n ‘kombersie’ van die mengsel rondom die malvalekker. Rol die balletjie nou in die klapper.
Doen so voort totdat al die bestanddele opgebruik is. Verkil voor opdiening.
Comentarios