top of page

Spinasie-en-mozzarella-happies

  • Bakers.
  • Feb 22, 2016
  • 1 min read

Maak hierdie lekker warm aartappel en spinasie balletjies wat drup met kaas van die middel, met behulp van Bakers Spring Onion KIPS. Fantasties vir die partytjie borde!

Bestandele

100 g (½ pakkie) Bakers KIPS (sprietui-geur) 65 ml olyfolie 1 – 2 groot knoffelhuisies 125 ml basiliekruidblare 250 ml gaar, fyngedrukte aartappel 500 ml gaar spinasie, goed gedreineer en gekap sout en gemaalde swartpeper fyn neutmuskaat 250 g mozzarellakaas, gesny in 2 cm-blokkies

Instruksies

Verkrummel die Bakers KIPS, olyfolie, knoffel en basiliekruid in die voedselverwerker en gooi dit oor in ’n sopbord.

Meng die gaar, fyngedrukte aartappel en spinasie en geur mildelik met sout, peper en fyn neutmuskaat. Skep ’n lepelvol van die mengsel in jou hand en druk dit effens plat.

Plaas ’n mozzarellablokkie bo-op en vorm ’n balletjie met die kaas in die middel van die spinasiemengsel. Rol die balletjie in die krummelmengsel. Herhaal totdat die spinasiemengsel opgebruik is.

Bak op ’n gesmeerde bakplaat in ’n voorverhitte oond teen 190 ºC vir 10 – 15 minute of totdat die kaas binnein gesmelt het. Bedien warm.

Lewer ongeveer 20.

NS: Maak seker dat die groente goed droog is voordat jy dit gebruik. Indien nie, sal jou happies liederlik plat val in die oond – en al die kaas sal uitloop!

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page