✞ ✞ ✞ DIE GROOT VRUG ✞ ✞ ✞
- Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
- Feb 23, 2016
- 2 min read
Die evangelie het julle bereik…soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei Kolossense 1: 6 Op ’n dag staan die ryk, geleerde, jong Duitse edelman, Graaf Nicholaus Ludwig von Zinzendorf, wat in 1700 in ‘n vooraanstaande Europese familie gebore is, in die kuns-museum van Dusseldorf na die skildery Ecce Homo en kyk. Die woorde onderaan die gehawende figuur van Jesus op die skildery, soos Hy gelyk het nà Pilatus se soldate met Hom klaar was, gryp hom aan: “Dit het Ek vir jou gedoen. Wat doen jy vir my?” . Hy was reeds ’n Christen, maar hy was ’n besadigde volgeling van die Here Jesus. Aangegryp deur die woorde sê hy vir homself: “Ek het Jesus al vir ’n lang tyd lief, maar wat het ek al vír Hom gedoen? Van nou af gaan ek alles doen wat Hy van my mag vra.” Daardie dag het hy teruggegaan huis toe en op sy grond, Hernhut, die Morawiese Sending begin. . John Wesley, die trotse jong priester van The Church of England, wat in Amerika sendingwerk gaan doen het, het dáár met Morawiese sendelinge in aanraking gekom. Uit húlle toegewyde geloofslewe het hy agtergekom, hy self is nie regtig ’n bekeerde man nie. Hy het teruggegaan Engeland toe om sy eie lewe eers te gaan regkry. Die groot oes het begin inkom. John Wesley en sy broer, Charles, het die Metodiste Kerk gestig en saam met George Whitefield die leiers geword in die groot herlewing wat van die middel van die 18de tot diep in die 19de eeu geduur het, en selfs na Suid-Afrika toe uitgebrei het, waarvan die jaarlikse pinksterbidure nog ’n navrug is. . ’n Geseënde vrug het voortgevloei uit die nederige, ernstige vraag van die arm sigeunermeisie, wie se hart deur die Heilige Gees ontwaak is, toe sy na die Here Jesus se lyding gekyk het. Ek wens ek kon weet wat van Papita geword het, maar ek wil glo sy het die HERE Jesus, aan wie sy haar hart eintlik reeds gegee het, beter en beter leer ken.
Comments