top of page

Appeltert in 'n potjie

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 24, 2016
  • 2 min read

Jy het nodig: Vir die vulsel: 8-10 Granny Smith-appels ½ k water ½ k rosyntjies 1 t kaneel 2 sopies brandewyn (of rum) Vir die krummelmengsel: 1½ k koekmeel 1½ k bruinsuiker 125 g gesoute botter nog 2 skeppies botter nog ’n bietjie kaneel vanieljeroomys (of room, om mee te bedien) Laat waai: 1. Skil die appels, sny in stukke van die stronke af en gooi in die potjie. Voeg die water, rosyntjies, kaneel en brandewyn by en meng deeglik. 2. Sit die deksel op die potjie en die potjie op die vuur. Kook die mengsel so 10 minute lank totdat die appelstukke sag word. Haal van die vuur af en hou eenkant. 3. Terwyl die appelstukke en hul vriende kook, gooi die meel, suiker en botter in ’n bak en vryf dit met jou vingerpunte totdat jy ’n droë, krummelrige mengsel het. 4. Gooi die helfte van die krummelmengsel by die gekookte appelvulsel in die potjie en meng deeglik. 5. Strooi die res van die krummelmengsel bo-op en versprei dit mooi eweredig. 6. Plaas ’n paar stukkies botter op die krummeldeeg en strooi ’n bietjie kaneel oor om die bolaag mooi kleur te gee. Sit die deksel op die potjie en vat hom vuur toe. 7. Sit die potjie op rustige kole en plaas ook ’n paar kole op die deksel. As die kole begin spoed verloor, krap nog kole onder die potjie in en pak nog ’n paar op die deksel. As die vuur groot is en die een kant van die potjie kry meer hitte as die ander, draai die potjie elke nou en dan. Bak vir so 45 minute tot ’n uur totdat jy die appelsous deur die kors sien borrel wanneer jy die deksel oplig. 8. Geniet dit saam met vanieljeroomys of room.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page