Gebraaide Brussel spruite
- Marianne Jacoby
- Feb 24, 2016
- 1 min read

Julle kan maar maak hoor. Is lekker !!
1kg brussel spruite – gewas en gehalveer 1 na 2 uie gekap 1 tl knoffel vlokkies 8 repies spek – gekap ½ tl sout en ½ tl peper 2 na 3 eetl olyfolie 2 eetl balsamiese asyn 2 eetl Dijon mosterd
Oond 200C Meng die spruite, olie, knoffel, spek, sout en peper en gooi in plat oondpan Bak vir 20 na 30 minute tot sag – Roer so 2x deur die bak proses alles met ‘n lepel deurmekaar sodat dit nie vasbrand onder aan die oondpan Meng die mosterd en asyn Gooi die mosterd mengsels oor die spruite en bedien warm
Comments