Individuele hoender-terriens
- Sarie Kos
- Feb 24, 2016
- 1 min read

Klein terriens is soveel makliker by 'n piekniek. Jy eet hulle met die hand en hoef ook nie ’n groot terrien te sny nie
(12 klein terriens)
400 g ontbeende hoenderborsies, sonder vel, in blokkies gesny 250 g repiespek (streaky bacon), in klein blokkies gesny 50 ml pietersielie, fyngekap 250 g hoender-maalvleis 30 ml botter 1 ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, fyngekap sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 3 blaardeegvelle 1 eier, geklits
Verhit jou oond tot 180 ºC. Meng die hoenderblokkies, spek, pietersielie en hoender-maalvleis. Smelt die botter in ’n pan en braai die ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Meng die hoendermengsel met die ui-en-knoffelmengsel. Geur met sout en swartpeper. Smeer of spuit 12 muffin-pannetjies. Druk sirkels uit die blaardeeg, groot genoeg om ’n muffin-pannetjie mee uit te voer. Daar moet ’n rand van so 1 cm hoog buite die muffin-pannetjie wees. Skep die vulsel tot bo in die pannetjies. Vou die deegrandjies terug op die vulsel. Smeer die rande met geklitste eier. Druk nou kleiner sirkels uit om bo-op te pas. Plaas bo-op elke terrien en druk goed vas. Smeer die “deksel” met geklitste eier. Versier terriens met vormpies wat jy uit die oortollige deeg maak. Bak vir 1 uur. Haal versigtig uit die pannetjies.
Comments