Outydse sjokoladekoek
- KOM ONS BAK
- Feb 24, 2016
- 1 min read

Jy benodig: Vir die koek: 500 ml (2 k) suiker 3 ekstragroot eiers 125 ml kookolie 500 ml koekmeelblom 125 ml kakao 8 ml koeksoda 8 ml bakpoeier 2 ml sout 250 ml karringmelk 10 ml vanieljegeursel Vir die sjokoladevulsel 250 ml suiker 45 ml mielieblom 45 ml kakao 7 ml koffiepoeier 375 ml water 50 g botter glanskersies Só maak ’n mens: 1. Smeer 2 x 20 cm-koekpanne. Voorverhit die oond tot 180 °C. 2. Klits die suiker en eiers goed saam, voeg olie by en klits tot lig en romerig. 3. Sif die droë bestanddele saam en vou by die eier-en-suikermengsel in. Voeg die karringmelk en geursel by. 4. Skep die beslag in die twee panne en bak 30 tot 40 minute. Keer uit op ’n draadrak en laat afkoel. 5. Sjokoladevulsel: Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol en verhit stadig. Roer aanhoudend totdat die mengsel dik is. Laat effens afkoel en smeer tussen die koeklae en bo-op die koek. Versier met glanskersies of vars bessies.
Comments