top of page

Sjokolade karringmelk laagkoek met sjokolade roomkaas versiersel

  • Ilse van der Merwe
  • Feb 24, 2016
  • 2 min read

LW: Hierdie resep maak 2 lae, maar ek verkies om dit te verdubbel en 4 lae te maak. Ek bak dit dus in 2 sarsies, want jy wil die koekpanne in ‘n enkellaag in die oond bak, nie bo-op mekaar nie. • 1 koppie (250 ml) water • 125 g botter, in blokkies gesny • 1/3 koppie (35 g) kakao poeier, gesif • 2 koppies (300 g) koekmeel, gesif • 1 t (5 ml) koeksoda, gesif • 2 koppies (440 g) strooisuiker • 2 XL eiers • ½ koppie (125 ml) karringmelk • 1 t (5 ml) vanilla essens Vir die sjokolade roomkaas versiersel: • 100 g sagte botter • 250 g roomkaas (kamer temperatuur) • 2 koppies versiersuiker, gesif • ½ koppie (50 g) kakao poeier, gesif 1. Voorverhit die oond tot 160 C. Spuit 2 x 20 cm ronde koekpanne met kleefwerende middel, en voer die bodems met bakpapier. 2. Plaas die water, botter en kakao in ‘n pot op die stoof, en verhit tot die botter gesmelt it. Verwyder van die hitte. 3. Plaas die meel, koeksoda en suiker in ‘n mengbak, en klits dan die warm kakao-mengsel daarby. 4. Voeg die eiers, karringmelk en vanilla by. Klits goed. Skink die mengsel in 2 koekpanne, en bak dan vir 45 minute tot dit gaar is. 5. Verwyder uit die oond, en laat afkoel vir ongeveer 10 minute in die panne voor jy dit uitkeer op ‘n draadrak om heeltemaal af te koel. 6. Vir die versiersel: klits die botter en roomkaas in ‘n groot mengbak tot dit lig en romerig is (ongeveer 6-8 minute). Voeg die gesifte versiersuiker en kakao by, en klits vir ‘n verdere 3-5 minute tot die glad en dik is. 7. Om die koek bymekaar te sit, gebruik ‘n “lazy Susan” en ‘n skerp mes om die bokante van die koeklae gelyk te sny. Plaas nou die onderste laag op ‘n koekbord, plaas die koekbord op die “lazy Susan” en smeer versigtig met ¼ van die versiersel. Herhaal met die boonste 3 lae. Die koek sal op hierdie stadium nog effens onstabiel wees – laat dit in ‘n veilige plek staan vir 2-3 ure vir die versiersel om te “settle”, die koek sal nou baie makliker wees om te sny.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page