Swart fluweelkoek
- KOM ONS BAK
- Feb 24, 2016
- 2 min read

Rooi fluweelkoeke moet ’n bietjie terugstaan. Swart fluweel het nou weer die wêreld aan die gons. MAAK 1 GROOT KOEK 2 eiers 250 ml (1 k) olie 250 ml (1 k) karringmelk 15 ml (1 e) witwynasyn 5 ml (1 t) vanieljegeursel 15 ml (1 e) swart jel-voedselkleursel 375 g (2½ k) koekmeel 420 g (2 k) suiker 30 ml (2 e) kakao 5 ml (1 t) koeksoda 5 ml (1 t) sout 3 × hoeveelheid basiese roomkaasversiersel Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Smeer twee 17,5 cm-koekpanne. 2 Klop die eiers liggies in ’n middelslag-glasbak. Voeg die olie, karringmelk, asyn, vanielje en voedselkleursel by en meng goed. 3 Sif die koekmeel, suiker, kakao, koeksoda en sout in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die eiermengsel by. Meng goed deur met ’n draadklopper. Die mengsel is baie loperig. 4 Verdeel die beslag tussen die pannetjies. Bak vir 30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. 5 Wanneer die koek liggies in die middel gedruk word, moet dit terugbons. Laat die koek vir 10 min. in die panne afkoel, keer op ’n metaalrak uit en laat heeltemal afkoel. 6 Sny die koeke versigtig middeldeur. 7 Smeer ’n dik laag versiersel op drie van die koeke. Plaas die ander koek bo-op en druk liggies vas. Smeer die hele koek met roomkaasversiersel en sit in die yskas tot benodig. ROOMKAASVERSIERSEL GENOEG VIR SOWAT 3 KOPPIES 250 g (250 ml) roomkaas 80 g versiersuiker 10 ml (2 t) suurlemoensap Klop die roomkaas glad met ’n elektriese menger. Sif die versiersuiker by en meng goed deur. Meng die suurlemoensap by en meng weer goed.
Комментарии