Varksosaties
- Marianne Jacoby
- Feb 24, 2016
- 1 min read

Varksosaties op sy beste- maak seker jy maak genoeg vir jou en die gaste, want jy mak gevra word vir nog, en jy het nie- so GAAN GROOT
Die perfekte marinade vir die ander witvleis.
Genoeg vir 6 mense Bereiding: 15 min. Marinering: 60 min. Gaarmaak: 30 min.
30 ml (2 e) olie 15 ml (1 e) koljandersaad, gerooster en fyngedruk 5 ml (1 t) vinkelsaad, fyngedruk 1 ui, in skywe gesny 2 cm vars gemmer, gerasper 3 knoffelhuisies, fyn gekap 15 ml (1 e) kerriepoeier 10 ml (2 t) borrie 60 ml (¼ k) koue water 80 ml (⅓ k) asyn 45 ml (3 e) suiker sout en vars gemaalde swartpeper 1 kg vark-ghoelasj, in blokkies gesny 6 baba-uie, geskil en gehalveer 12 droë appelkose
Verhit die olie in ’n pan en voeg die droë saad by. Braai ’n paar sekondes en voeg dan die ui, gemmer, knoffel, kerriepoeier en borrie by. Braai die uie tot sag. Voeg die water, asyn en suiker by en laat kook die marinade sowat 3 min. Geur na smaak. Laat die marinade heeltemal afkoel. Sodra die marinade afgekoel het, gooi dit in ’n plastiekbak. Voeg die vark, baba-uie en appelkose by die marinade. Sit 1 uur in die koelkas. Steek die varkblokkies aan steekpenne en wissel dit af met stukke ui en appelkose. Plaas ’n groot pan oor matige hitte en sit die sosaties in. Braai 20 min. en draai die sosaties om terwyl dit gaar word.
Comments