top of page

✞ ✞ ✞ SAAI EN OES ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 24, 2016
  • 2 min read

. “Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes…want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk… 2 Korintiërs 9: 6 – 8 . Twee studente, wat aan die Leland Stanford Universiteit studeer het, moes werk vir hulle studiegelde. Hulle fondse het gedaal en hulle moes ’n plan beraam vir groter inkomste. Hulle kry die gedagte om ’n konsert aan te bied waarin die Poolse pianis, Ignace Paderewski, ’n klavieruitvoering sou gee. Die beroemde kunstenaar se bestuurder het ’n waarborg van $2 000 gevra. Die twee studente het voortgegaan en die konsert aangebied. Die aand se opbrengs was $1 600. Hulle het hulle saak aan Paderewski gestel, die volle $1 600 aan hom oorhandig en vir hom ’n skuldbewys van $400 gegee. . “Nee, manne,” het Paderewski geantwoord, “dit sal nie werk nie.” . Hy het die skuldbewys opgeskeur en die$1600 aan hulle teruggegee. “Trek julle onkoste af en gee vir julle elkeen 10% van die bedrag en laat ek die balans kry.” . Die jare het verby gerol en die Tweede Wêreldoorlog het uitgebreek. Paderewski het hard gewerk om sy honger, sterwende Poolse landgenote te help voed. Paderewski het planne beraam om iemand in die buiteland om hulp te nader. . Voor hy sy plan kon uitvoer, begin duisende ton voedsel instroom om die hongeres te voed. Na al die reëlings getref is om die voedsel reg uit te deel, het Paderewski Parys toe gegaan om Herbert Hoover, die skenker, persoonlik te gaan bedank vir sy wonderlike hulp. . “Dis alles reg, mnr. Paderewski” het Hoover geantwoord. “Ek het besef die nood is groot en ek is gelukkig in ’n posisie om te help. Buitendien, u sal dit seker nie onthou nie, maar u het eenkeer toe ek en ’n studentemaat in die moeilikheid was, ons uit ons ellende gehelp.” . Wat ons vir ’n ander doen, lyk soms vir ons gering, maar God, wat ’n goeie gewer liefhet, sal vir ons sorg as ons die dag in nood verkeer . “Gee, en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, propvol…” Lukas 6: 37 – 42 . Dit is God wat ons help, maar Hy gebruik ’n menslike instrument om dit te doen.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page