top of page

Basiese Vanieljeroomys met Variasies

  • Tuis
  • Feb 25, 2016
  • 2 min read

’n Regte, egte vanieljeroomys sal liggeel van kleur wees met klein, swart saadjies oral sigbaar – die heel lekkerste roomys vir my! Genoeg vir: 1,2 liter Bereidingstyd: 45 minute plus vriestyd Gaarmaaktyd: sowat 25 minute • 500 ml volroommelk • 500 ml dikroom • 2 vanieljepeule • 12 groot eiergele • 100 g strooisuiker Maak eerstens die eiervla... 1. Giet die melk en room in ’n kastrol. 2. Sny die vanieljepeule in die lengte met ’n skerp messie oop en skraap die vanieljesaadjies uit. 3. Voeg dit saam met die peule by die melk en room in die kastrol. 4. Verhit tot kookpunt. 5. Klits die eiergele en strooisuiker saam in ’n groot mengbak tot liggeel, dik en donsig. 6. Verwyder die room-en-melkmengsel van die plaat sodra dit wil begin kook en giet omtrent ’n derde hiervan op die geklitste eiergeelmengsel terwyl jy aanhoudend klits. 7. Giet dit alles terug in die kastrol by die oorblywende room-en-melkmengsel en plaas dit terug op die plaat oor ’n lae hitte. 8. Roer aanhoudend met ’n houtlepel totdat die vla begin verdik. Dit is reg as jy met jou vinger ’n streep oor die agterkant van die houtlepel trek en die streep sy vorm behou. 9. Verwyder van die hitte en giet die vla deur ’n sif in ’n skoon mengbak, en laat dit vinnig afkoel oor ’n bak yswater. 10. Sit dit in die yskas tot koud. 11. Plaas nou die koue vla in ’n roomysmaker as jy een het, of andersins kan jy dit in ’n vlak bak giet en in die vrieskas plaas tot amper gevries. 12. Verwyder dit minstens drie keer uit die vrieskas en klits dit elke keer om die yskristalle wat vorm, op te breek. Dit verseker ’n gladde, romerige roomys. **Eet tuisgemaakte roomys verkieslik binne ’n week nadat dit gemaak is.♫ Variasies... Sjokoladeroomys: Breek 200 g donkersjokolade van goeie gehalte in stukkies en verhit dit saam met die room en melk in ’n kastrol totdat die sjokolade gesmelt is. Verwyder dit van die hitte en volg die resep soos hierbo aangedui. Voeg laastens 150 g fyngekapte sjokoladestukkies by die klaarbereide roomys net voordat jy dit vries. Vrugteroomys: Verwerk 500 g gekapte vrugte soos aarbeie, mango, appelkose, bessies, ensovoorts, tot ’n puree en voeg dit by die eiervla net voordat jy dit vries. Vir ’n meer gekonsentreerde smaak kan jy die vrugtepuree indamp in ’n kastrolletjie. Rum-neut-en-rosyntjieroomys: Week 200 ml rosyntjies in 100 ml rum vir sowat ’n uur. Voeg dit by die koue eiervla saam met 125 ml gekapte, geroosterde grondboontjies net voordat jy dit vries.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page