Botterkoek-kolwyntjies
- Rusternburg Herold
- Feb 24, 2016
- 1 min read

125g botter 375 ml suiker 5ml vanieljegeursel 3 eiers 625ml koekmeelblom 20ml bakpoeier 2.5ml sout 200 ml melk
Metode Voorverhit die oond tot 180ºC. Klop botter met houtlepel en voeg suiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig en voeg geursel by. Voeg eiers een-een by en klop deeglik na elke byvoeging. Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg dit al siftende beurtelings met melk by geroomde mengsel. Klop mengsel tot alles goed gemeng is en dit ‘n fluweelagtige voorkoms het. Moenie roer nie, maar klop. Skep beslag in kolwyntjie-papiertjies of in voorbereide gesmeerde kolwyntjiepannetjies. Bak 25 tot 35 minute lank. Laat afkoel. Versier koekies met versiersuiker en knip 1 malvalekker in 5 dele vir oulike stukkies versiering.
Comments