Duitse Melktert
- Leoné Geyser
- Feb 25, 2016
- 1 min read

Lewer twee middelslagterte. Kors: 500 ml koekmeel 10 ml bakpoeier 30 ml suiker 250 g sagte botter 2 eiers, geklits Vulsel: 1 x 397 g blik kondensmelk 2 blikkies (kondensmelkblikke) kookwater 90 – 110 ml mielieblom 5ml vanieljegeursel 60 ml botter 3 eiers, geskei Kors: 1. Meng die meel en bakpoeier en vryf die botter met jou vingerpunte daarby in. 2. Voeg die suiker by en meng. 3. Voeg die eiers by en meng tot ’n deeg. 4. Rol die deeg dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer twee tertborde daarmee uit. 5. Verkoel tot benodig. Vulsel: 1. Verhit die kondensmelk en water saam tot kookpunt en laat prut vir twee minute. 2. Verwyder van die hitte. 3. Maak die mielieblom met ’n bietjie water aan en voeg van die warm kondensmelkmengsel daarby. 4. Roer goed en gooi terug in die kastrol. 5. Voeg die geursel, botter en eiergele by en sit die pot terug op die hitte. 6. Verhit weer tot kookpunt en prut stadig terwyl aanhoudend geroer word tot die mengsel dik en gaar is. 7. Verwyder weer van die hitte, klits die eierwitte styf en vou by die melktertpap in. **Giet in die tertkorse, sprinkel fyn kaneel oor en bak vir sowat 20-30 minute tot goudbruin en ferm.
Comments