Gespeseryde Beesvleis Sosaties
- Hope Malau
- Feb 25, 2016
- 1 min read

’n Ligte maaltyd is ideaal om op ’n lui en warm dag vir jou gaste voor te sit. Boonop is hierdie gereg vinnig en maklik om te berei. Genoeg vir 4 Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 8 min. SOSATIES: 5 ml (1 t) komyn 5 ml (1 t) droë brandrissievlokkies 2,5 ml (½ t) paprika 2,5 ml (½ t) sout 5 ml (1 t) ligte sojasous 5 ml (1 t) olie 300 g lendeskyf of braai-steak, in skywe gesny NEKTARIENSLAAI: 60 ml (¼ k) olyfolie 45 ml (3 e) lemoensap 15 ml (1 e) ligte sojasous 130 g gemengde slaaiblare 1 vars bol vinkel, in dun skywe gesny 2 nektariens, geskil en verdeel Week 6-8 sosatiestokkies in water. Sosaties: 1. Meng die komyn, brandrissievlokkies, paprika, sout, sojasous en olie in ’n bak. 2. Voeg die vleis by en roer om die stukke met die mengsel te bedek. 3. Ryg dan die vleis aan die sosatiestokkies. 4. Verhit ’n roosterplaat oor hoë hitte, plaas die sosaties in die pan en rooster 2 min. weerskante. 5. Verwyder van die hitte. Nektarienslaa: 1. Giet die olyfolie, lemoensap en sojasous in ’n bak, geur en meng goed. 2. Rangskik die gemengde slaaiblare, vinkel, nektariens en beesvleis-sosaties op ’n platbord. **Bedruip met slaaisous
Commentaires