Hemelse sjokoladetert
- Marianne Jacoby
- Feb 25, 2016
- 1 min read

1 x 10 g-sakkie gelatien 30 ml water 1 x 200 g-pakkie sjokoladeklapperkoekies 100 g (110 ml) botter, gesmelt 1 x 500 g-sakkie Cremora 250 ml yskaswater 2 x 385 g-blikke kondensmelk 250 ml suurlemoensap 5 ml vanieljegeursel 60 ml baie donker kakaopoeier 200 g frambose 100 g sjokolademoutbolletjies
1. Sprinkel die gelatien oor die water en laat staan tot sponsagtig. 2. Plaas die koekies in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn. Voeg die botter by en meng tot ’n klam mengsel. Spuit ’n 30 x 20 cm reghoekige losboompan goed met kleefwerende kossproei. Voer die pan met die koekiemengsel uit. 3. Maak die Cremora met die yskaswater aan en plaas dit in die bak van ’n elektriese menger. Voeg die kondensmelk by en klits dit teen ’n hoë spoed tot dik en romerig, sowat 5–8 minute. Voeg die suurlemoensap geleidelik by terwyl die menger loop en hou aan klits tot dik en romerig. Voeg die geursel en kakao by. Smelt die geweekte gelatien in jou mikrogolf en meng dit goed by. 4. Skep die vulsel in die kors en laat sowat 2–3 uur in die yskas staan om te stol. Ontvorm die tert op ’n opdienbord. Pak die frambose en sjokolade-moutbolletjies bo-op. Sit met sjokoladesous voor (sien hieronder). Maak lekker sjokoladesous só: Bring 250 ml room in ’n middelslagpot tot kookpunt. Gooi dit oor 200 g fyngekapte donkersjokolade en roer tot glad. As die sjokolade nie heeltemal wil smelt nie, roer die mengsel vinnig oor lae hitte – wees net versigtig dat dit nie skif nie.
Comments