IDEAL-MELK SJOKOLADE KOEK
- RESEPTE EN WENKE
- Feb 25, 2016
- 1 min read

Doen jouself 'n guns en bak hierdie koek , dit is soooo lekker , hy is klam en die sous asemrowend KOEK: 375 ml Meel 250 ml Melk 250 ml Suiker 2 ml Sout 10 ml Bakpoeier 125 ml Olie 60 ml Kakao 125 ml Kookwater 4 Eiergele 4 Eierwitte SOUS: ¾ Blik Ideal Melk 125 ml Suiker VERSIERING: 2 Plakke Heelneut sjokolade ¼ Blikkie Ideal Melk KOEK: Klits eierwitte tot styf. Meng droë bestanddele. Maak gaatjie in droë bestanddele. Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water, melk en eiergele by. Klits goed. Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer. Vou eierwitte in by mengsel. Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute in reghoekige oondbak (die koek bly in die bak, so moenie in gewone koekpanne bak nie). SOUS: Kook Ideal melk en suiker saam. Maak gaatjies in koek met dun voorwerp. Gooi stroop oor koek. Laat koek heeltemal afkoel. VERSIERING: Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek.
Commenti