Karamel Piesang Tert
- Yola Petersen
- Feb 25, 2016
- 1 min read

Hierdie resep is deur my getoets en al baie gemaak. Die foto is geleen
Geniet dit op n Sondag middag en is ook vinnig en maklik om te maak as onverwagte gaste opdaag!
Maak kors van fyn gerolde Tenniskoekies en 4 E gesmelte margarine. Druk vas in
tertbak. Skep helfte ...van1 blikkie karamel kondensmelk op kors, dan 2-3 ryp piesangskyfies, drup klein bietjie suurlemoensap oor piesangs, skep ander karamel kondensmelk oor. Klop 2 sakkies Orleywhip styf en skep bo-op piesangs. Rasper peppermint crisp of flake bo-oor. Plaas in yskas tot bedien
Comments