Kerrie Hoendersosasties
- Huisgenoot Digitaal
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 6 mense Bereiding: 10 minute Gaarmaaktyd: 15-20 minute Marineer-en-weektyd: 2x oornag SOUS: 250 g droë appelkose 500 ml (2 k) appelkoossap 1 ui, fyn gekap 1 knoffelhuisie, gekneus 2 cm-stuk gemmerwortel, gerasper olie 30 ml (2 e) matige kerriepoeier 5 ml (1 t) borrie 2 ml (½ t) gekapte brandrissie 45 ml (3 e) appelkooskonfyt 15 ml (1 e) suurlemoensap 60 ml (¼ k) klapper SOSATIES: 500 g hoenderborsfilette, in blokkies gesny 125 ml (½ k) natuurlike jogurt gemeng met 45 ml (3 e) gekapte koljander vir voorsit SOUS: 1. Week die appelkose oornag in die appelkoossap. 2. Braai die ui, knoffel en gemmer in die olie tot sag. 3. Voeg die kerrie, borrie en brandrissie by en braai 1 minuut. 4. Voeg die konfyt, suurlemoensap en klapper by. Laat afkoel en roer 60 ml van die sap waarin die appelkosies geweek het, by. 5. Voeg die hoender by en marineer oornag. SOSATIES: 1. Week sosatiestokkies in water en ryg die appelkose en hoenderstukkies daarop. 2. Plaas op ’n bakplaat. 3. Rooster die sosaties sowat 20 minute of tot gaar onder die roosterelement. **Sit voor met die koljanderjogurt
Comments