Lensie-happies
- Huisgenoot
- Feb 25, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense Bereidingstyd: 10 minute Gaarmaaktyd: 10 minute
250 g (1 ½ k) rooi lensies, gewas en geweek 15 ml (1 t) sterk kerriepoeier 5 ml (1 t) gerookte garam masala 5 ml (1 t) gemaalde borrie 2 rooirissies, sade verwyder en fyn gekap hand vol koljander, fyn gekap sout en peper olie vir braai
1. Dreineer die lensies en plaas in ’n voedselverwerker. Sit die verwerker een of twee keer vinnig aan om die lensies fyn te kap. Voeg die kerriepoeier, masala, borrie, rissies, koljander en sout en peper by. 2. Vorm die lensiemengsel in klein balletjies. 3. Maak die olie in ’n diep, klein potjie warm en diepbraai die bolletjies ’n paar op ’n slag tot hulle goudkleurig en krakerig is – ongeveer 5 minute. Haal dit uit die olie en laat dit op ’n papierservet droog. 4. Sit voor saam met ’n beetslaai.
- Hope Malau
Comments