Pampoen-en-fetakaastertjies
- Barbara Joubert
- Feb 25, 2016
- 1 min read

‘n Ware wenkombinasie. Wees net versigtig wanneer jy die sout byvoeg, want fetakaas is souterig.
18 tertjies
350 g klaar opgesnyde pampoenblokke 30 ml olyfolie 3 velle blaardeeg 370 g fetakaas, gekrummel sout en varsgemaalde swartpeper 3 eiers 200 ml room
1. Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier . Sny die pampoenblokke in klein blokkies van sowat 1 cm. Plaas blokkies op bakplaat en sprei uit. Gooi olyfolie oor en plaas in oond. Oondbraai sowat 30 minute tot sag. Haal uit en hou eenkant.
2 . Voer 3 vlak muffinpannetjies uit met blaardeeg.
3 . Skep fetakaas in 18 uitgevoerde holtes. Skep gaar pampoen bo-op en geur goed.
4. Klits eiers en room saam. Skep eiermengsel op vulsel en bak sowat 35 – 40 minute in warm oond. Haal uit en sit warm voor.
ความคิดเห็น