Paptertjies
- Tuis resepte
- Feb 25, 2016
- 1 min read

Genoeg vir: 12 happiegroot tertjies Bereidingstyd: 20 minute • 250 ml mieliemeel, gaargemaak om stywe pap te vorm • 125 ml chakalaka • fyngerasperde kaas 1. Spuit ’n muffinpan met klein holtes goed met kleefwerende sproei. 2. Skep ’n teelepel gaar pap in elke holte en druk dit vas om ’n dik doppie te vorm. 3. Skep ’n bietjie chakalaka in elkeen en strooi kaas bo-op. 4. Bak die tertjies in ’n warm oond tot die kaas gesmelt is. **Die chakalaka kan ook met tuisgemaakte tamatiesmoor vervang word
Comments