ROOI FLUWEELKOEK
- RESEPTE EN WENKE
- Feb 24, 2016
- 1 min read

Koek: 625 ml (2½ k) koekmeel 375 ml (1½ k) suiker 5 ml (1 t) koeksoda 5 ml (1 t) kakao 5 ml (1 t) sout 250 ml (1 k) karringmelk 2 eiers, by kamertemperatuur 375 ml (1½ k) olie 5 ml (1 t) witasyn 25 ml (5 t) rooi voedselkleursel 5 ml (1 t) vanieljegeursel Roomkaasversiersel: 1 houer (250 g) ferm roomkaas 250 g sagte botter 500 ml (2 k) versiersuiker 5 ml (1 t) vanieljegeursel Koek: 1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ’n groot mengbak. 2. Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ’n aparte mengbak. 3. Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare. Versiersel: 1. Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ’n elektriese menger en klits tot lig en donsig. 2. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.
Comments