SJOKOLADE MOUSSE ROL
- RESEPTE EN WENKE
- Feb 24, 2016
- 1 min read

Maak mousse: Smelt 200 gr [2 plakke] donker sjokolade, in blokkies gebreek, en 250 ml room tot glad. Koel af. Rol: Klits saam: 2 eiergele 1 heel eier 80 ml strooisuiker tot dik en liggeel. Sif: 125 ml koekmeel, 3 ml bakpoeier, knippie sout 60 ml kakao. Vou droë bestandele met metaallepel by eiermengsel in. Klits die 2 eierwitte styf en vou by beslag in. Werk liggies. Skep deeg in gevoerde, gesmeerde roll-bakplaat. Bak 10 minute tot gaar. [ druk liggies met jou vinger op rol, as dit terugspring is rol gaar.] Keer uit op klam skoon vadoek wat met suiker besprinkel is. Trek papier af en rol koek op. Koel heeltemal af. Rol weer oop en smeer sjokolade mousse oor en rol weer op. Sprinkel kakao poeier oor. Sny in dik skywe.
Comments