Sjokolademousse-koek
- Marianne Jacoby
- Feb 25, 2016
- 2 min read

4 eiers 160 ml (⅔ k) strooisuiker 250 ml (1 k) meel 60 ml (¼ k) kakaopoeier 25 g botter, gesmelt MOUSSE 400 g melksjokolade, gekap 200 g donkersjokolade, gekap 1 L (4 k) dikroom 10 ml (2 t) gelatien VIR VOORSIT sjokoladeskaafsels en kakaopoeier
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 24 cm-veerkoekpan en voer dit uit. Klits die eiers in ’n bak tot lig en donsig. Bring die strooisuiker en 30 m (2 e) water tot kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte. Giet die warm stroop in die eiers terwyl jy klits. Hou aan klits tot die mengsel afkoel en dun linte vorm wanneer jy die klitser uit die bak lig. Sif die meel en kakaopoeier oor die eiermengsel. Vou sakgens in en vou dan die gesmelte botter in. Giet die beslag in die voorbereide bakpan. Bak 20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingesteek word. Laat afkoel in die pan op ’n draadrak. Mousse: Smelt albei soorte sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol pruttende water terwyl jy roer tot glad. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Bring intussen 60 ml (¼ k) van die room tot prutpunt in ’n kastrol oor matige hitte. Verwyder van die hitte. Week die gelatien in koue water 3 min. of tot sponserig. Voeg die warm room by en roer tot opgelos. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Klits die oorblywende room tot sagte pieke vorm. Werk vinnig en voeg die sjokolade-en-gelatienmengsel by die room en klits tot die sjokolade ingemeng is. Sit die koek aanmekaar deur die mousse oor die koekbasis te skep. Verkoel in die yskas oornag of tot geset. Vir voorsit: Bedek met die sjokoladeskaafsels en bestuif met die kakaopoeier.
Comments