top of page

SWARTWOUD KOEK

  • RESEPTE EN WENKE
  • Feb 25, 2016
  • 2 min read

Die Swartwoud-Koek of "Black Forest Cake" is baie gewild met sy vulsel van kersies, Kirch, room en sjokolade. Ons begin met 'n basiese sjokoladekoek - hierdie oer-oue resep is afkomstig van 'n boekie wat my ma donkiejare gelede by iemand gekry het - My Gunsteling Tuisnywerheidresepte, of so iets. 'n Tannie wat vir 'n tuisnywerheid gebak het, het al haar gunsteling resepte gaan tik en in boekvorm laat bind om vir die nageslag te bewaar. Ek is dankbaar sy het - ...hierdie is een van my staatmaker sjokoladekoek-resepte. 5 ekstra groot eiers 310 ml suiker 200 ml water 200 ml olie 500 ml koekmeelblom 50 ml kakao 2 ml sout 5 ml koffiepoeier 20 ml bakpoeier 1. Voorverhit die oond tot 190 grade. 2. Spuit twee 24cm-laagkoekpanne liggies met Spray & Cook. 3. Skei die eiers. 4. Klits die eiergele, suiker, water en olie saam vir 5 minute. 5. Sif die koekmeelblom, kakao, sout en koffiepoeier oor die mengsel en klits weer vir 'n verdere 3 minute. 6. Vou die bakpoeier hierby in. 7. Klits die eierwitte styf en vou dit by die beslag in. 8. Verdeel die beslag tussen die twee koekpanne en bak die koek vir 30 minute. 9. Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat dit in die panne koud word voor dit uitgekeer word. Nou begin ons met die Swartwoud-gedeelte van die koek. Jy het nodig: 250 ml room, styfgeklits 400g-blikkie ingemaakte swart kersies (black cherries - ek gebruik Mayfair s'n) Kirch (kersie-likeur) En vir die ganache: 100 g sjokolade 125 ml room 30 ml botter, in stukkies gesny 1. Sny elke koeklaag in twee, dws jy gaan vier koeklae hê. 2. Dreineer die kersies goed en sny dit in stukkies. 3. Roer dit by die room in. Jy kan ook 'n bietjie van die Kirsch by die room inmeng, indien verkies. 4. Plaas die koeklae langs mekaar op 'n stuk waspapier op die kombuis toonbank. 5. Gooi 'n bietjie Kirch in 'n maatkoppie en sprinkel van die Kirsch bo-op elke koeklaag. (Ek het altyd Kirch in 'n spuitbottel gehad toe ek vir die tuisnywerheid gebak het - dit maak dit baie makliker.) 6. Verdeel nou die room in drie dele en skep dit op drie van die koeklae. 7. Smeer mooi gelyk en plaas die koeklae op mekaar - eindig met die koeklaag sonder enige room. 1. Maak die ganache deur die sjokolade, room en botter oor lae hitte te smelt. 2. Roer tot glad. 3. Laat die effens afkoel en gooi dit bo-op die koek. 4. Smeer die ganache na die kante toe sodat dit effens teen die kante van die koek afloop. 5. Versier die koek met groot sjokoladekrulle, gekrummelde Flake, ekstra styfgeklitste room of selfs marachino-kersies met hul stingeltjies aan. **Verkoel die koek in die yskas as dit nie dadelik geëet gaan word nie.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page