top of page

SWITSERSE ROL MET VLAROOM

  • RESEPTE EN WENKE
  • Feb 24, 2016
  • 2 min read

BEREIDING 15-20 minute BAKTYD 20 minute LEWER 1 rol; 15-20 snye KOEK 5 ekstragroot eiers, geskei 200 ml (160 g) suiker 12 ml (2½ t) suurlemoensap of 5 ml (1 t) kremetart, opgelos in 10 ml (2 t) water 120 g koekmeel knypie sout AFRONDING 250 ml (1 k) vla 250 ml (1 k) room, geklop versiersuiker amandelsplinters, gerooster METODE Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer die boom van ’n oondpan van 33 x 25cmmet bakpapier uit en sprinkel ’n klein lepeltjie strooisuiker oor die papier. Moenie die papier smeer nie. Koek Klits die eierwitte tot stywe punte begin vorm. Klits 125 ml (½k) van die suiker en die suurlemoensap of opgeloste kremetart geleidelik by. Klits die eiergele tot dik en liggeel sonderomdie klitser eers te was. Voeg die res van die suiker geleidelik by en klits tot dit opgelos het. Vou die eiergeelmengsel met ’n metaallepel by die geklitste eierwitmengsel in. Sif die meel en sout drie keer saam. Sif dan die meelmengsel laag vir laag oor die eiermengsel en vou elke laag met ’n spatel in. Herhaal tot al die meel ingevou is, maar moenie te veel meng nie, anders sal die lug ontsnap en die koek te dig word. Skep die beslag op die bakplaat. Kap die plaat liggiesomvan lugborrels ontslae te raak. Bak 15-20 minute of tot goudbruin. Besprinkel ’n groot vel waspapier of ’n klamafdroogdoek met strooisuiker. Keer die koek op die waspapier of doek uit. Gebruik die papier of doekomdie koek versigtig op te rol. Laat afkoel. Afronding Vou die vla by die geklopte room in. Rol die afgekoelde koek af, smeer die roommengsel op en rol weer op. Stuif met die versiersuiker en versier met die amandelsplinters.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page