VEELSYDIGE SJOKOLADEKOEK
- RESEPTE EN WENKE
- Feb 25, 2016
- 2 min read

Hierdie koek kan jy in ’n oondpan bak en blokkies koek maak. Anders kan jy ’n ronde koek bak – die beslag is baie, maar jy kan alles op een slag in die pan giet en dan net langer bak of verdeel die beslag in twee en bak twee koeklae en plak dit opmekaar met versiersel. Sjokoladekoek: Bereiding: 10 minute; baktyd: 40-60 minute. Bêremengsel Maak 1 350 ml bêremengsel (genoeg vir 1 oondpankoek of ’n hoë 20 cm-koek). Bestanddele: 750 ml (3 k) koekmeelblom; 20 ml (4 t) bakpoeier; 375-500 ml (1½-2 k) witsuiker; 5 ml (1 t) koeksoda; 80 ml (⅓ k) kakao en ’n knippie sout Sif al die bestanddele 3 maal saam en bêre dit in ’n lugdigte houer op ’n koel plek. Bestanddele 1 x basiese bêremengsel; 500 ml (2 k) kookwater; 250 ml (1 k) olie; 10 ml (2 t) vanieljegeursel; 50 ml witasyn Versiersel 1 blik (410 g) ingedampte melk; 125 ml (½ k) suiker; 3 plakke (100 g elk) neutsjokolade, in blokkies gebreek; bessies vir oorsprinkel. Plaas al die bestanddele vir die versiersel in ’n kastrol en verhit oor matige hitte tot die sjokolade gesmelt is. Kook sowat ’n halfuur tot dik. Sny die koek horisontaal in die helfte indien verkies en plak die lae met van die versiersel opmekaar. Versier met orige versiersel en sprinkel die bessie METODE Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan of ’n 27 x 40 cm-oondpan goed met margarien of spuit met kossproei. Voer die kante van die koekpan uit met bakpapier om ’n kraag te vorm. Plaas die bêremengsel in ’n groot mengbak. Meng die kookwater, olie, vanieljegeursel en witasyn in ’n beker en giet egalig oor die droë bestanddele. Klits met ’n vurk tot dit gemeng is. Giet in die voorbereide pan, stamp effens om die grootste lugborrels te verwyder en bak sowat 40-60 minute tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Bedek met tinfoelie indien die koek te donker word. Keer die ronde koek uit op ’n draadrak en laat afkoel.
Comments