top of page

✞ ✞ ✞ SY HANDE ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 26, 2016
  • 2 min read

. Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld Matteus 28: 18 & 20 . Na die Tweede Wêreldoorlog het die lidmate van ’n kerk in Frankfurt, Duitsland, hulle kerk, wat deur bomme verwoes is, begin opbou. ’n Beeld van Christus wat in die kerk gestaan het, is ook erg verniel. Verskillende dele van die beeld is in die puin opgespoor. Feitlik die hele beeld kon weer herstel word. Net die hande kon nie gevind word nie. . Die kerkraad het beraadslaag of ’n beeldhouer opdrag moet kry om die hande te maak. Die oorweging is verwerp. Die beeld gaan sonder hande bly om ’n boodskap aan lidmate uit te dra. Onderaan die beeld is die volgende woorde geskryf: “Christus het geen hande, behalwe ons hande nie.” . Die kerk, Christus se gelowige volk op aarde, is Christus se liggaam. Deur sy Gees is Hy die lewe in ons, die Christene, wat sy liggaam uitmaak. Deur sy krag kan ons, wat sy liggaam vorm, sy werk op aarde doen. “Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ’n gawe uitdeel soos Hy wil…. . Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ’n lid daarvan” 1 Kor.12:11,27) . Al die werk vir die Here se koninkryk op aarde word deur mense gedoen. Ons onthou die storie van die engel se beswaar na Christus se hemelvaart. ”Here,” het hy gesê, ”is dit verstandig om nou al terug te kom hemel toe en daar is nog so baie ongedane werk op aarde. Baie lande en volke moet nog bereik word.” Toe antwoord die Here hom, ”Ek weet, maar Petrus, Johannes en al die ander dissipels het agtergebly om die werk klaar te maak. Ná hulle sal ander dissipels van my, deur die eeue, oral, my werk voortsit.” . Ons is letterlik Jesus se hande en voete op aarde. As óns nie vír Hom loop, vír Hom handel, vír Hom praat nie, sal sy werk ongedaan bly.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page