Aartappel en Cheddarkaas Rolletjies
- Radio Eendrag
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Bestanddele: 4 groot aartappels, geskil 300 g cheddarkaas, gerasper 2 eiers, geklits 60 ml gekapte pietersielie knippie rooipeper, of na smaak sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 6 velle filodeeg sowat 50 ml gesmelte botter sowat 150 ml olyfolie 30 ml gekapte pietersielie
Kook aartappels tot sag. Druk fyn met 'n vurk. Daar kan nog stukke in wees. Voeg kaas, eiers en pietersielie by. Geur met rooipeper, sout en peper. Plaas een vel filodeeg op jou werkoppervlak. Smeer met gesmelte botter. Plaas 'n tweede vel deeg bo-op. Smeer weer met gesmelte botter. Herhaal met 'n derde vel.
Skep van die aartappelvulsel sowat 5 cm van onderkant van deeg in 'n lang wors. Vou deeg oor vulsel. Vou kante weerskante oor vulsel en rol op. Herhaal met die res. Maak toe met kleefplastiek en laat koud word in yskas. Sny koue rol in skywe van sowat 3 cm. Verhit olyfolie in pan en braai sirkels weerskante vir sowat 3minute. Dreineer op kombuispapier. Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit warm voor.
Radio Eendrag
Comentários