Appelkoos-malvalekker-vlaskywe
- Kokkedoor resepte
- Feb 26, 2016
- 1 min read

500 ml Melk 125 ml Suiker 6 Eiergele 15 ml Sally Williams Nougat-likeur 100 g Strooisuiker 65 ml Koekmeel 30 ml Mielieblom Malvalekker-vulsel Bestanddele 15 ml gelatienpoeier 65 ml koue water 200 g strooisuiker 65 ml kookwater 15 ml Cointreau-likeur 125 g Geblikte appelkosies, gesnipper. Instruksies Bakkersvla Metode 1) Verhit die melk tot onder kookpunt. 2) Klits die suiker, eiergele, likeur en mielieblom saam. 3) Voeg die verhitte melk by en plaas terug op stoof. 4) Kook vir 2 minute saam. 5) Verwyder van hitte en verkoel tot gestol. Malvalekker-vulsel Metode 1) Spuit broodpan van 17 cm in deursnee met kleefwerende kossproei. 2) Week gelatien in koue water in die mengbak van die elektriese menger. 3) Plaas mengbak oor dubbele kastrol tot gelatien gesmelt is. 4) Verwyder van hitte en voeg die strooisuiker en kookwater by. 5) Klits teen hoë spoed vir 6-8 minute. 6) Gooi die likeur en gesnipperde appelkosies by. Laat stol en sny in blokke en sif versiersuiker oor. Sit aanmekaar 1) Spuit die bakkersvla met sterspuit op die eerste laag. 2) Plaas tweede gebakte sirkel 3) Spuit die malvalekker-mengsel met rondespuit op die tweede laag. 4) Plaas ’n derde deeglaag op. 5) Garneer met smeltsjokolade en vars appelkose.
Comments