Hoenderstokkies
- Deur Huisgenoot Digitaal
- Feb 25, 2016
- 1 min read

Maak 16-20 hoenderstokkies Bereiding: 30 minute Gaarmaaktyd: 30 minute Verkoeltyd: 15 minute
250 ml (1 k) gaar jasmynrys 4 hoenderborsfilette, in stukke gesny 15 ml (1 e) suurlemoensap 5 ml (1 t) knoffel-en-gemmerpasta 2 ml (½ t) groen brandrissies, ontpit en gekap 60 ml (¼ k) gekapte koljanderblare 3 ml (ruim ½ t) fyn komyn sout en peper na smaak 2 eiers, effens geklits witbroodkrummels om in te rol olie om in te braai komkommer-en-komynjogurt vir voorsit
Plaas al die bestanddele behalwe 1 eier, die krummels en die olie in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn. Vorm ovaal rolletjies en rol in die orige eier en dan in die broodkrummels. Verkoel 15 minute. Verhit genoeg olie vir diepbraai en braai tot goudbruin en gaar. Dreineer en druk op sosatiestokkies. Sit voor saam met Griekse jogurt waarin komkommer en ’n bietjie komyn gemeng is.
Commentaires