Idees vir 'n bordjie eetgoed
- Bron: In en om die huis
- Feb 26, 2016
- 3 min read

GEVULDE EIERS
10 hardgekookte eiers, afgedop en in lengte gehalveer: 125 ml Mayonnaise, sout en vars gemaalde swartpeper: 12.5 ml pietersielie, gekap, sap van 1 suurlemoen: 25 ml olie.
GARNERING: Uieringe: olywe: klein tamatietjies: ansjovisfilette: ham: garnale: kuipers: mossels: wortelstukkies: radyse: groen peperkorrels: babamielietjies: suurlemoenskyfies: pietersielie en dille.
VERWYDER eiergeel en vryf dit deur ’n sif. Meng met mayonnaise, sout en peper. Verdeel die mengsel in twee dele. Voeg gekapte pietersielie, suurlemoensap en olie by een helfte. Meng ander helfte met mayonnaise, sout en vars gemaalde peper. Meng goed. Skep vulsels in afsonderlike spuitbuise met sternossels. Vul die helfte van die eierwitte met mayonnaisevulsel en die ander helfte met die pietersielievulsel. Rangskik eiers op opdienborde... garneer soos verlang
Karien se kaasstrooitjies
125 g koekmeelblom ( 250 ml ) 3 ml sout knippie rooipeper 125 g botter 199 g beleë Cheddarkaas, fyn gerasper 1 eiergeel, effens geklits
Sif droë bestanddele saam, voeg kaas by en rasper botter bo-oor. Vryf in met vingers. Maak met die eiergeel aan tot stywe deeg. Rol uit in 3 en laat koud word. Rol weer uit en en sny in dun repe ± 5 mm x 70 mm. Bak in baie warm oond @ 230 °C gaar tot goudbruin.
Naomi se MAASKAAS BALLETJIES===
1 x 250g maaskaas== 1k rice crispies== ¼ t sout== fyn gerasperde biltong Meng maaskaas en rice crispies goed, geur met sout, plaas 30 min in yskas, rol klein balltjies, rol dan in fyn biltong en verkoel tot benodig
Kaas & konfythappies Marie Heins
560 ml meelblom 625 ml gerasperde sterk Cheddarkaas 250 g Stork Bake 2 ml sout 10 ml bakpoeier Fyn appelkooskonfyt
Maak oond warm op 200°C.
Vryf die botter by die meel in en meng met ander bestanddele. Knie goed. Sit deegbolletjies in 3 x Patti-pannetjies en bak net 7 minute. Haal uit oond en druk n gaatjie met jou vinger in elke koekie. Sit n mespunt konfyt in die gaatjie. Nie te veel nie, anders bak dit uit. Bak vir ± 15 minute @ 180°C tot gaar op middelste oondrak. 36 koekies.
Souttertjies [klein]
(Amanda Viljoen) Kors: 5/8 k (10 e ) meelblom knippie sout ½ t suiker 1/8 t kremetart 4 e margarien ½ eiergeel (1 klein eiergeel) • Sif die meelblom, sout en kremetart saam. Voeg suiker by. • Vryf die margarien liggies in. • Maak die deeg aan met die eiergeel en wanneer dit te droog is, voeg 1 eeteel koue water by. Rol +- 1/8" dik uit. Sny in sirkels en plaas in kolwyntjiepanne. Sit in yskas tot vulsel gereed is. Vulsel: Maak 'n witsous van: 1 e margarien ½ k melk 1 e meelblom • Klits 1 eier en voeg dit by die witsous • Voeg ook die volgende by die witsous: ¼ t mosterd 2 e gesmelte margarien 1 e gekapte pietersielie ½ k gerasperde kaas ½ k gaar gemaalde vleis (of fyn geblikte worsievleis) 1 eetl gerasperde ui • Skep nou in die deeg in kolwyntjiepanne. Bak vir 20 minute teen 190 °C. Lewer ± 15 tertjies.
Samata Roos van “Bak en Brou”
Tunapoffertjies
1 blik tuna (gedreineer) sout peper 2 eiers (geklits) 5 ml suurlemoensap 12,5ml pietersielie(gekap) 5 ml bakpoeier 120 ml meelblom 30 ml melk paprika olie om in te braai
Vlok tuna en voeg oorblywende bestandele, behalwe olie en paprika by. Skep opgehoopte teelepels vol van mengsel in warm olie en braai tot goudbruin. Dreineer poffertjies en besprinkel met paprika. Dien warm op
Bron: In en om die huis
Comments