Komberseiers
- Foto en resep: Tuis Tydskrif.
- Feb 25, 2016
- 1 min read

• 6 werfhoender-eiers, saggekook en afgedop • 650 g Grabouw-boerewors • 3 ml rissiepoeier • vars tiemie • 100 ml meel • 2 eiers, geklits • 200 ml droë broodkrummels • olie vir diepbraai • blatjang vir voorsit
Haal die boerewors se derm versigtig af en sit die vleis in ’n bakkie; maak dit met ’n vurk los en geur dit met die rissiepoeier en tiemie. Verdeel die vleis in 6 gelyke porsies. Neem een porsie op ’n slag en maak dit plat in die palm van jou hand. Plaas ’n eier daarop en vorm die maalvleis rondom die eier; herhaal met al 6 eiers. Rol dit in die meel, eier en dan die krummels. Sit dit vir sowat 20 minute in die yskas tot ferm. Diepbraai dit dan tot goudbruin en gaar. As jy bang is dit is nie deurgaar nie, bak dit vir nog ’n paar minute in ’n voorverhitte oond. Dis perfek om in te pak vir die langpad. En onthou die blatjang!
Foto en resep: Tuis Tydskrif.
Comments