Mini vleisbrode met spekvleis en heuning
- Deur Huisgenoot Digitaal - Hope Malau
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Lewer 9 Bereidingstyd: 10 minute Gaarmaaktyd: 30 minute
500 g biefmaalvleis 2 tamaties, gekap 1 ui, gerasper ’n hand vol pietersielie, gekap 60 ml (¼ k) broodkrummels 1 eier 15 ml (1 e) worcestersous 15 ml (1 e) bruin druiweasyn sout en peper 250 g streepspekvleis 45 ml (3 e) heuning
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. 2 Meng die maalvleis, tamaties, ui, pietersielie, broodkrummels, eier, Worcestersous, bruinasyn, sout en peper in ’n bak. 3 Smeer nege minibroodpannetjies en voer elkeen met ’n reep spek uit. Pers die maalvleismengsel met jou hande saam en druk die broodpanne daarmee vol. Bak 20 minute. 4 Keer die vleisbroodjies op ’n bakplaat uit. Verf met heuning en sit nog 10 minute in die oond of tot goudkleurig.
- Hope Malau
Comments