top of page

Samoesa-pasteitjies

  • Deur Huisgenoot Digitaal
  • Feb 25, 2016
  • 1 min read

Yvonne Olsen van Durban het hierdie resep met ons gedeel.

Maak 12 pasteitjies Bereiding: 30 minute Gaarmaaktyd: 15 minute

VULSEL 15 ml (1 e) olie 500 g beesmaalvleis 5 ml (1 t) sout 5 ml (1 t) fyn komyn 5 ml (1 t) brandrissiepoeier 5 ml (1 t) fyngedrukte knoffel 5 ml (1 t) fyngedrukte gemmer 2 ml (½ t) borrie ½ bossie koljanderblare, gekap 2 uie, gekap

DEEG 750 ml (3 k) koekmeel knippie borrie 2 ml (½ t) sout 250 ml (1 k) koue water 5 ml (1 t) asyn olie, vir diepbraai

VULSEL Verhit die olie en braai die maalvleis effens. Voeg die res van die vulselbestanddele by en roerbraai tot gaar. DEEG Sif die droë bestanddele saam. Meng die water en asyn saam en voeg geleidelik by die droë bestanddele. Meng tot ’n stywe deeg vorm. Verdeel die deeg in 12 balletjies en rol elkeen in ’n plat sirkel uit. Skep ’n lepel vol vulsel in die middel van elke deegsirkel. Verf die kante met water en bring die deeg bymekaar om ’n balletjie te vorm. Herhaal met al die deeg en die res van die vulsel. Verhit genoeg olie vir diepvetbraai en braai die deegballetjies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor met blatjang indien verkies.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page