Sjokolade-kolwyntjies met Amarula-versiersuiker
- Karla Janse van Vuuren
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Jy het nodig: . 400g suiker . 245g meel . 90g kakao . 7,5ml bakpoeier . 7,5ml koeksoda . 5ml sout . 2 eiers, by kamertemperatuur . 250ml melk . 125ml sonneblomolie . 10ml vanieljegeursel . 250ml kookwater Versiersuiker: . 125g sagte botter . 500ml versiersuiker, gesif . 30ml Amarula . 10ml kookwater Só maak mens: 1. Voorverhit die oond tot 180°C. 2. Plaas kolwyntjie-papiervorms in die gesmeerde holtes van twee kolwyntjiepanne. 3. Meng die suiker, meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak. 4. Voeg die eiers, melk, olie en geursel by. Klits met ’n elektriese handklitser vir 2 minute op matige spoed. 5. Roer die kookwater by – die deeg sal baie loperig wees. 6. Giet die deeg in die voorbereide holtes – maak dit sowat driekwart vol. 7. Bak vir 15-20 minute of tot gaar. Laat heeltemal afkoel voordat jy dit versier. 8. Vir die versiersuiker: Klits die botter tot romerig. Voeg die versiersuiker by (dit sal krummelrig lyk). Klits die Amarula bietjies-bietjies by totdat dit ’n smeerbare tekstuur verkry. Klits die kookwater by en hou aan klits totdat die versiersuiker lig en donsig lyk. 9. Versier die kolwyntjies met silwerkleurige balletjies en versiersuikerblommetjies.
Comments